Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag op na fase 4

Eskom het gewaarsku hy sal Maandag van 13:00 tot 22:00 sy beurtkrag na fase 4 moet opskuif.

Beurtkrag Fase 4 is wanneer 4000MW se krag van die netwerk gehaal word.

Dit beteken hy moet 4 000 MW se elektrisiteit van die kragnetwerk haal. Dit impliseer meer gebiede sal tegelykertyd sonder krag wees.

Dit kom nadat Eskom Sondagmiddag skielik vir die eerste keer sedert einde verlede jaar weer met kragonderbrekings begin het weens 'n tekort aan kragopwekkingsvermoë.

Eskom het aanvanklik Sondag gesê hy moet beurtkrag toepas sodat water gepomp kan word vir pompopgaarskemas soos Ingula en Palmiet om genoeg krag te hê vir die week wat voorlê.

Dit blyk egter daar is nou nog meer kragopwekkingsvermoë wat nie beskikbaar is nie.

Intussen waarsku die kredietgraderingsagentskap Moody's dat Eskom se verdeling in drie afsonderlike sake-eenhede min gaan doen om sy geldknyp op te los.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.