Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag opgeskort; só lyk plan vir naweek

Eskom skort beurtkrag Vrydag om 20:00 tydelik op. 

Fase 1-beurtkrag sal egter Saterdag en Sondag van 17:00 tot 20:00 toegepas word.

Die nutsmaatskappy sê ook beurtkrag sal dalk volgende week elke aand ingestel moet word.

Luidens ’n verklaring is vier opwekkingseenhede Vrydag herstel.

Daar is nou 13 625 MW van lyn af weens onbeplande foute en 1 611 MW vir beplande onderhoud. Dis altesame 15 236 MW, ietwat minder as die byna 17 000 MW wat vroeër die week gegeld het.

Eskom sê ook beter weerstoestande het die vraag na krag verminder.

Beurtkrag word Vrydag om 20:00 opgeskort.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.