Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag skop vanaand in

Eskom het Suid-Afrikaners Donderdagaand gewaarsku dat hulle Fase 2-beurtkrag van 22:00 tot 5:00 Vrydagoggend instel.

Die elektrisiteitsreus sê dat hulle die publiek vroeër die week ingelig het dat enige onverwagte veranderinge in die opwekkingskapasiteit, soos bykomende onbeplande ineenstortings en die uitputting van noodreserwes, sal noodsaak dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.

Eskom het in ’n verklaring gesê dat hulle Donderdag ekstra generasie-eenhede verloor het en hulle moes noodreserwes gebruik om in die aanvraag deur die dag te voorsien.

“Gevolglik is ons noodreserwes tans krities laag en dit moet oornag aangevul word om aan die verwagte aanvraag na elektrisiteit vir môre te voldoen.”

Eskom sê beurtkrag gaan waarskynlik ook Vrydag ingestel word indien kragopwekkingseenhede nie oornag weer aanlyn gebring word soos geskeduleer is nie.

Eskom sê hy het die week onverpoos daaraan gewerk om beurtkrag die week te verhoed.

“ Ondanks ons beste pogings moet ons vanaand weer beurtkrag instel,” het Eskom gesê.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.