Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Só raak dit jou naweek

Daar is baie slegte nuus vir rugbykykers, wie se besige sportnaweek dalk deur beurtkrag onderbreek gaan word.

Verwag beurtkrag tot minstens Woensdag toe.

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat fase 2-beurtkrag nog tot Sondag gaan geld. Fase 2 is Donderdag en ook Vrydag ingestel.

Die nutsmaatskappy sê sy opwekkingsvermoë is onder druk weens kragstasies wat onklaar geraak het. Hy moet ook sy voorraad diesel en water – wat albei gebruik word om rugsteun-kragstasies te bedryf – “bestuur”.

Eskom wil diesel en water bespaar ten einde die risiko van beurtkrag in die week te verminder.

Die vooruitsig vir die hele volgende week is ’n hoë risiko van beurtkrag en tot in die middel van die week kan fase 1 of 2 geld.

Fase 2 geld Vrydag na verwagting tot 23:00.

Eskom vra om verskoning vir die ongerief en sê beurtkrag is ’n manier om te keer dat die hele kragstelsel in duie stort.

“Ons vra inwoners en ondernemings steeds om krag spaarsaam te gebruik in hierdie tyd. Skakel geisers asseblief af, asook nie-noodsaaklike beligting en toestelle om die vraag na krag te verminder.”

Uitsendings van Superrugby-wedstryde soos die Leeus teen die Rebels (15:05) en Sesnasie-wedstryde soos Italië teen Frankryk (14:30), Wallis teen Ierland (16:45) en Engeland teen Skotland (19:00) word geraak, asook die eendag-krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Sir Lanka op Nuweland (13:00).

Sportliefhebbers met toegang tot stromingsdienste soos DStv Now word aangeraai om seker te maak hul selfone of tablette is ten alle tye gelaai en het genoeg data om die wedstryde te kan stroom. Die meeste selfoontorings het wel rugsteunbatterye, maar die opvangs is soms swakker.

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meer inligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Suid-Afrika  |  Krag  |  Ligte  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.