Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nog geen beurtkrag vir Maandag

Eskom sê hy beoog steeds nie om Maandag beurtkrag in te stel nie.

Dit is omdat hy beplan om deur die loop van die dag vier eenhede wat voorheen buite werking was, weer in gebruik te neem.

Eskom beplan (nog) nie om Maandag beurtkrag in te stel nie.Foto: Unsplash

Die nutsmaatskappy waarsku egter dat hy teen 06:50 11 120 MW se opwekkingsvermoë verloor het weens kragsentrales wat onverwags gebreek het. ’n Verdere 5 406 MW se opwekkingsvermoë is ook nie beskikbaar nie weens beplande instandhoudingswerk wat gedoen word.

Die totaal van 16 526 MW is net ietwat minder as wat Sondag van die netwerk af was.

Eskom sê hy het egter tans genoeg noodreserwes beskikbaar.

Die maatskappy waarsku egter soos voorheen dat hy op kort kennisgewing kan besluit om tog beurtkrag in te stel. Hy vra ook wéér dat Suid-Afrikaners elektrisiteit spaarsamig moet gebruik.


Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.