Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag tref – en daar hang jy ná hoogste kloofswaai...

As jy dink beurtkrag is ongerieflik omdat jy nie jou hare kan droogblaas nie, steek ’n kersie op vir die dapper siele wat van die hoogste kloofswaai in die wêreld gespring het en toe net onder bly hang het.

Dis ’n lang pad terug sonder elektrisiteit in die Oribi-kloof. Foto: Verskaf

Dit is presies wat gebeur het met Wild 5 Adventures, wat die kloofswaai oor die Oribi-kloof in KwaZulu-Natal bedryf.

Paul Jeffreys, eienaar, vertel dit is die penarie waarmee hulle weens onbeplande beurtkrag gesit het. Die dapperes word vasgemaak aan kabels en spring langs die Oribi-waterval af. Ná die sprong en swaai word hulle opgehys, maar daarvoor is elektrisiteit nodig.

Jeffreys sê hulle het gevalle gehad waar Eskom nie gewaarsku het oor moontlike beurtkrag nie en springers vasgesit het.

Hulle moes spesiale abseil-spanne in die kloof afstuur om die springers te gaan haal en tot op die grond te laat sak, sodat hulle met ’n ander roete vir 20 tot 30 minute die kloof kon uitklim. Volgens hom was diegene wat dit oorgekom het kalm, maar dié wat nog moes spring, om verstaanbare redes liggies histeries.

Jeffreys beklemtoon dat dié moontlike probleem nou opgelos is, maar nie voordat hy vroeër vanjaar ’n kragopwekker van R250 000 moes koop om sy klante se veiligheid en gemoedsrus te verseker nie. Dis bloedgeld vir ’n klein onderneming, sê hy.

As Eskom gewaarsku het dat beurtkrag op pad was, het Wild 5 Adventures niks gewaag nie en ’n halfuur vroeër hul bedrywighede gestaak en wanneer die kragtoevoer herstel is, ’n halfuur gewag voor hulle dit weer hervat, sê hy.

Maar Eskom se onbetroubaarheid maak dit moeilik vir klein ondernemings om sake te doen.

Hy verskaf werk aan 15 mense in ’n omgewing waar die werkloosheidskoers sowat 74% is.

Meer oor:  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.