Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag van Donderdag tot Sondag

Eskom gaan van 12:00 Donderdag tot Sondagaand fase 2-beurtkrag toepas nadat talle eenhede by sy steenkoolkragstasies onklaar geraak het.

Die kragreus het Donderdag in ’n verklaring gesê beurtkrag is nodig omdat ’n steenkoolvervoerband by die Kusile-megasteenkoolkragstasie onder meer gebreek het wat daartoe gelei het dat twee eenhede van die kragstasie van die netwerk af is.

By die verouderde Kriel- en Duvha-kragstasies het ’n eenheid elk ook oornag onklaar geraak wat verdere druk op die kragnetwerk plaas.

Eskom sê hy het nou uit sy sowat 50 000 megawatt (MW) opwekkingsvermoë ’n totale verlies van 14 748 MW weens onbeplande ontwrigting. Daarmee saam is 5 358 MW vir beplande instandhouding van die net af.

Eskom waarsku egter dat indien enige verdere probleme opduik die fase van beurtkrag vinnig hoër gemaak kan word indien die noodreserwes van diesel en water nie kan bybly nie.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.