Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag vererger tot fase 4

Fase 4-beurtkrag gaan Woensdag van 14:00 tot 22:00 toegepas word in ’n desperate poging deur Eskom om die kragnetwerk te stabiliseer.

Die nutsmaatskappy het pas bekend gemaak dat hy beurtkrag noodgedwonge van fase 2 na fase 4 opgradeer omdat nóg kragstasies onklaar geraak het.

Eskom sê ’n eenheid by die Medupi-megasteenkoolkragstasie het Woensdag gebreek, tesame met twee eenhede by Duvha.

Altesame beteken dit dat 800 megawatt (MW) se opwekkingsvermoë by Medupi en 1 200 MW s’n by Duvha nou van lyn af is. Dis benewens die talle ander opwekkingseenhede wat reeds gebreek was.

Die bykomende 2 000 MW se verlies beteken dat fase 2-beurtkrag doodeenvoudig nie genoeg is om te vergoed vir die verlies aan opwekkingsvermoë nie. Tydens fase 4 word altesame 4 000 MW per keer van die kragnetwerk verwyder.

Eskom sê daar is tans 15 087 MW se opwekkingsvermoë onbeskikbaar weens foute en ’n verdere 1 273 MW weens beplande instandhouding.

Eskom moet sy noodreserwes van diesel en water aanvul en kan dus nie sy noodkragstasies gebruik om beurtkrag af te weer nie.

Eskom pleit by Suid-Afrikaners om hul energieverbruik so veel as moontlik te beperk.

Ná 22:00 vanaand sal beurtkrag van fase 2 weer ingestel word vir die res van die week, soos vroeër gekommunikeer.

Met fase 4-beurtkrag sal die meeste Suid-Afrikaners gebuk gaan onder 6 tot 7,5 ure se beurtkrag per dag, teenoor die gemiddeld van 4 tot 5 ure onder fase 2.

Onder fase 2-beurtkrag is daar gemiddeld twee sessies van beurtkrag in ’n area per 24 uur, van 2 tot 2,5 ure elk.

Onder fase 4-beurtkrag is daar gemiddeld drie sessies.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Steenkoolkragstasies  |  Instandhouding  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.