Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Bio-energie is ‘stille reus’ in groenkrag
Dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die Internasionale Energieagentskap.Foto: IEA

Moderne bio-energie is die geïgnoreerde reus in die groenkragbedryf en verteenwoordig reeds sowat 50% van die wêreld se totale verbruik van hernieubare energie, sê dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die Internasionale Energieagentskap (IEA).

Bio-energie (wat die gebruik van biobrandstof soos biodiesel en etanol insluit, asook biogas) sal van nou tot 2023 die vinnigste groei van alle hernieubare energiebronne, volgens die IEA se jongste markvooruitskatting. Dit sal na verwagting 40% verteenwoordig van die internasionale groei in energieverbruik.

Hoewel son- en windkrag se bydrae tot die elektrisiteitsektor steeds sal groei, bly bio-energie die grootste bron van hernieubare energie omdat dit wyd gebruik word in die vervoer- en hittebedryf waar ander bronne van henieubare energie tans ’n veel kleiner rol speel, verduidelik Birol.

Moderne bio-energie lewer ’n groter bydrae tot die totale verbruik van hernieubare energie as wind-, son-, hidrokrag en ander groenkragbronne saam. Daar is groot vooruitsigte vir nog groei met die regte beleid en steun, sê Birol.

Die IEA het hom in sy jongste markvooruitskatting op bio-energie toegespits omdat dit as ’n blindekol beskou word – kwessies wat kritiek is vir energie-evolusie, maar wat minder aandag kry as wat hulle verdien. Dit sluit onder meer ook in die impak wat lugversorging op kragvraag het, of die groeiende impak van petrochemikalieë op internasionale olievraag.

Hier is ’n video van die IEA oor hul verslag:

https://youtu.be/eNS2tMduq68

Meer oor:  Internasionale Energieagentskap  |  Fatih Birol  |  Etanol  |  Biogas  |  Biodiesel  |  Bio-Energie  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.