Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Blou Maandag het lig: Geen beurtkrag verwag

Hoewel sy verlies aan opwekkingskapasiteit gevaarlik hoog is, verwag Eskom nie dat hy Maandag beurtkrag sal moet instel nie.

Gelukkig het Eskom genoeg reserwes by sy dieselkragopwekkers om in geval van nood bykomende elektrisiteit by die netwerk te voeg om beurtkrag af te weer.

In ’n verklaring laat Sondagaand sê die nasionale kragvoorsiener sy verlies aan opwekkingsvermoë weens instandhouding of ander onvoorsiene probleme is tans meer as 13 000 MW.

Eskom se tegnici werk die afgelope paar maande onverpoosd daaraan om dit tot onder die 9 500 MW-kerf te verminder.

“Noodsaaklike instandhoudingswerk” is oornag aan verskeie van sy eenhede gedoen in die hoop om dit teen Maandag weer operasioneel te maak, het Eskom Sondagaand gesê.

Intussen bly die nasionale kragnetwerk onder druk en bly die risiko daar dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word.

Gelukkig het Eskom genoeg reserwes by sy dieselkragopwekkers om in geval van nood bykomende elektrisiteit by die netwerk te voeg om beurtkrag af te weer. Hy kan ook sy pompopgaarskemas inspan indien nodig, sê Eskom.

Suid-Afrikaners word gevra om elektrisiteit steeds spaarsamig te gebruik terwyl Eskom hard probeer om die “doeltreffendheid” van sy kragopwekkingsvermoë te verbeter.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.