Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Bothaville al ure lank sonder krag

Inwoners van Bothaville in die Vrystaat het sedert Maandag 01:30 geen krag nie.

Eskom sê in ’n kort verklaring op Twitter dat hy “toevoer na Bothaville verloor het. Die transformator word getoets om uit te vind wat die oorsaak is. Dit is nie bekend wanneer die kragtoevoer herstel sal word nie,” lui die verklaring.

Bothaville is nie die enigste dorp wat sonder krag is nie.

Meer as 4 000 mense in Macassar naby Somerset-Wes is sedert Saterdagmiddag sonder elektrisiteit weens ’n fout met die kragnetwerk.

Eskom het by navraag oor die stand van sake in Macassar en Bothaville gesê hy sal “binnekort” terugvoering gee.

Meer oor:  Eskom  |  Kragonderbrekings  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.