Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brandstof: Hier is die nuwe pryse
Die prys van alle grade petrol styg met 5c per liter in Augustus. Foto: Pixabay

Die prys van alle grade petrol styg Woensdag met 5c per liter.

Suid-Afrikaners met dieselvoertuie sal egter 45c per liter meer opdok vir alle grade van diesel.

Die departement van minerale bronne en energie het Maandag die finale prysstygings vir Augustus bekend gemaak.

Die departement sê die styging is hoofsaaklik weens die styging van meer as $3 per vat in die prys van ruolie. Die prys het gedurende Julie van $40,01 per vat tot $43,49 per vat gestyg.

Hoewel die rand in Julie teenoor die Amerikaanse dollar verstewig het, was dit nie genoeg om ’n styging in brandstofpryse te keer nie.

Die nuwe pryse word op Woensdag 5 Augustus van krag.

Ná die styging sal 95-oktaan in Gauteng R15,17 per liter kos en aan die kus sal dit R14,47 kos.

93-oktaan sal R14,88 in Gauteng kos, en R14,37 aan die kus.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% se groothandelprys sal in Gauteng tot R13,48 per liter styg en aan die kus tot R12,88. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.

Meer oor:  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Diesel  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.