Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brandstof: Só lyk finale pryse vir Desember
paaie, reis
As jy ’n omie is en dié Desember die langpad vat, moet jy liefs nié die petrolpedaal te diep intrap om vinniger te ry nie. Foto: Unsplash

As jy ’n omie is en dié Desember die langpad vat, moet jy liefs nié die petrolpedaal te diep intrap om vinniger te ry nie. Petrol word Woensdag 22c per liter duurder.

As jy egter ’n dieselbakkie of -motor ry, kan jy dalk ’n bietjie ontspan. Die groothandelprys van diesel daal met tussen 15c en 16c per liter. (Hoeveel daarvan aan verbruikers deurgegee gaan word, sal wissel. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.)

Paraffien word 24c per liter goedkoper, maar gas word R1,02 per kilogram duurder.

Die grootste rede vir die styging in die petrolprys is internasionale oliepryse wat vir dié brandstof gebruik word. Daarteenoor het die prys van olie vir diesel goedkoper geword. Diesel word gewoonlik goedkoper in die noordelike halfrond se winter weens ’n traer vraag.

Die rand-dollar-wisselkoers het van R15 teen die dollar teen 1 November tot R14,70 op 28 November verstewig, wat bygedra het tot die daling in die dieselprys en ’n minder skerp styging in die petrolprys.

Die jaarlikse verhoging in die groot- en kleinhandelwinsgrense is ook in Desember by die gewone oor- of onderverhalings gevoeg.

Die winsgrense op petrol is met 11,6c per liter verhoog, teenoor verlede jaar se 7,7c per liter. Die winsgrense op diesel is met 6,05c per liter verhoog teenoor verlede jaar se 4,59c per liter.

Die onder- en oorverhalings, voor die winsgrensaanpassings, is gegrond op die syfers van 1 November tot 28 November en tree op Woensdag 4 Desember in werking. 

In Gauteng kos petrol dus nou R16,30 per liter vir 95 oktaan en aan die kus betaal jy R15,66 per liter. Die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% kos R14,28 in Gauteng en R14,30 aan die kus.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.