Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brandstoffonds smous olie sonder toestemming
Ter illustrasie.

Die Sentrale Energiefonds (SEF) het erken sy filiaal die Strategiese Brandstoffonds (SFF) het nooit die nodige toestemming van die nasionale tesourie gevra toe 10 miljoen vate olie in Desember 2015 verkoop is nie.

Dit was bykans die volle strategiese olievoorraad van Suid-Afrika en is vir ’n wins van R3,9 miljard verkoop. Die groep het nou ’n mikpunt om 20 dae se strategiese olievoorraad te hou, maar kon nie eens die teiken haal nie.

Die parlement se energiekomitee het Dinsdag gehoor die SEF het ’n netto inkomste van R259 miljoen behaal in die jaar tot einde Maart 2016, teenoor die verlies van R14,2 miljard in 2015.

Die SEF het bevestig alle kontrakte vir die verkoop van die SFF se olie word nou op regsgronde hersien.

PetroSA het ’n nabelaste verlies van R449 miljoen gely teenoor die vorige jaar se reuseverlies van R14,574 miljard wat uit die swak gasproduksie van sy Projek Ikhwezi spruit.

Die SFF se verlies was R116 miljoen teenoor die vorige jaar se verlies van R180 miljoen.

Die SEF-groep spog wel met ’n kontantsaldo van R16,2 miljard aan die jaareinde.

Die groep het sy eerste vullisterreingas-tot-krag-projek van 17 MW in Gauteng op dreef, en die omset uit die verhuring van olietenkruimte het die afgelope drie jaar met meer as 400% gegroei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.