Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brandstofprys: So staan sake ná Iran-aanval
As die olieprys aanhou styg, kan dit Suid-Afrikaners duur te staan kom. Foto: Pixabay

Net een werksdag ná die VSA se sluipmoordaanval op die militêre bevelvoerder van Iran kan die invloed daarvan reeds op Suid-Afrikaanse brandstofpryse gesien word.

Volgens die jongste syfers wat die Sentrale Energiefonds Dinsdag beskikbaar gestel het, is die oorverhaling (potensiële daling) op 95-oktaan-petrol nou net 9c.

Vrydag was die oorverhaling nog 14c, terwyl dit op 1 Januarie nog 22c was.

Die onderverhaling op 93-oktaan (potensiële styging) is nou 2c en vir alle grade van diesel 22c.

Daar is twee faktore wat dié vooruitsig beïnvloed.

Die rand wat op 1 Januarie teen R14,02 teenoor die dollar verhandel het, verhandel nou teen sowat R14,14 teenoor die dollar.

Die olieprys het ook beduidend gestyg. Op 2 Januarie het dit teen $66,24 per vat verhandel. Dit het Maandag in ’n stadium teen $70,06 per vat verhandel. Die prys het wel sedertdien tot $68,52 per vat gedaal.

Hoewel Suid-Afrika nie olie van Iran invoer nie, is die wêreldwye onsekerheid oor waarheen die gespanne situasie tussen die VSA en Iran gaan lei genoeg rede om die internasionale olieprys te laat styg.

Iran het reeds wraak teen Amerika gesweer nadat die Irannese genl.maj. Kassem Soleimani Vrydag in ’n lugaanval met ’n hommeltuig geëlimineer is – ’n aanval wat pres. Donald Trump goedgekeur het.

Trump het intussen ook gedreig dat hy nog verder sal gaan, sou daar enige teenaanvalle teen Amerikaanse teikens is.

Omdat die oorsigmaand vir Februarie vyf weke lank is en eers op 30 Januarie eindig, is daar nog tyd vir pryse om óf te herstel óf verder te verswak.

Nuwe brandstofpryse sal Woensdag 5 Februarie van krag word.

Meer oor:  Iran  |  Energie  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.