Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brian Molefe: Ek is nie deur Guptas gekaap nie
Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Felix Dlangamandla

Eskom sal voortgaan om sake met die omstrede Gupta-familie te doen, totdat iemand wetlike redes kan verskaf oor waarom dit nie mag gebeur nie.

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdagoggend so aan die parlementêre portefeuljekomitee gesê nadat hy met vrae oorval is oor die kragvoorsiener se transaksies met die Gupta-beheerde Tegeta Exploration & Resources.

Molefe het gesê om nie sake met die Guptas en Tegeta te doen nie, moet die familie of hul maatskappy geswartlys word.

“Om dit te kan doen, moet prosesse gevolg word. En wetlike redes moet verskaf word oor waarom dit gedoen word. En dit is waarmee ek ’n probleem het.

“Want ons het geen wettige redes waarom ons nie met hulle kan sake doen nie. Daar is tans net ’n geskinder en innuendo’s.”

Volgens Molefe is dit waarom hy ook vroeër gesê het die Gupta-familie word aan ’n boendoehof in Suid-Afrika blootgestel.

Ek glo in menseregte en mense word onskuldig beskou totdat hulle skuldig bewys word.
Brian Molefe

“Niemand het hulle nog voor die hof gedaag of gebel om ’n waarskuwingsverklaring te gaan aflê nie,” het hy onder ’n gelag uit die gehoor gesê omdat dit sinspeel op die waarskuwingsverklaring wat Pravin Gordhan, minister van finansies, deur die Valke ontbied is om af te lê.

Gordhan en die tesourie is tans ook op die oorlogspad met Eskom oor die Tegeta-kontrakte.

Molefe het gesê sover dit hom aangaan, is die Guptas van niks skuldig bevind nie.

“Ek werk net by Eskom. Ek moet van die wettige redes ingelig word oor waarom ek nie met die Guptas of Tegeta kan sake doen nie.

“Nou word ek as ’n Gupta-persoon gebrandmerk net omdat ek hulle nie kan swartlys sonder wetlike redes nie.

“Totdat daar wetlike redes is oor waarom ons nie met hulle kan werk nie, is ek bevrees dat ons hulle vir elke transaksie moet oorweeg.

“En as ek gekaap is, is dit deur die land se Grondwet en nie deur die Guptas nie. Ek glo in menseregte en mense word onskuldig beskou totdat hulle skuldig bewys word.”

Eskom het Woensdagoggend voor die portefeuljekomitee verskyn om sy jaarresultate vir die afgelope boekjaar voor te lê.

Meer oor:  Tegeta  |  Tegeta Exploration And Resources  |  Eskom  |  Brian Molefe  |  Steenkool  |  Krag  |  Guptas  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.