Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brian Molefe het week om R11 miljoen te hoes

Die voormalige Eskom-hoof Brian Molefe vra 30 dae uitstel vir die R708 000 aan regskoste wat hy aan Solidariteit skuld.

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Denzil Maregele

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, reken egter dis veels te lank en het aan hom sewe dae gegun.

Dis benewens die meer as R10 miljoen wat hy teen 22 Augustus aan Eskom se pensioenfonds moet betaal.

Dit kom nadat die konstitusionele hof verlede week Molefe se aansoek om appèl teen ’n uitspraak van die hooggeregshof van Johannesburg uitgegooi het.

Ingevolge dié uitspraak moet Molefe meer as R10 miljoen se pensioenfondsgeld aan Eskom terugbetaal, asook die regskoste van onder meer Solidariteit.

Vroeër die week het Solidariteit die balju versoek om op Molefe se eiendom beslag te lê om die geld te verhaal. Hy woon in ’n spogbuurt in Pretoria.

Eskom se pensioenfonds het Molefe glo tot 22 Augustus gegee om die geld terug te betaal.

“Vir Solidariteit gaan dit suiwer oor verantwoordbaarheid. Geld kan nie deur belastingplunderaars geplunder word en dan stap hulle skotvry daarvan weg nie. Ons vertrou dat die druk wat ons op mnr. Molefe geplaas het, ’n waarskuwing vir ander belastingplunderaars is. Hulle sal verantwoordbaar gehou word vir hul onregmatige aksies en hulle sal nie langer agter hofprosesse kan wegkruip nie,” sê Hermann.

Solidariteit is steeds gefrustreerd dat geen strafregtelike stappe teen Molefe gedoen word vir beweerde bedrog nie. Die vakbondbeweging het aan die nasionale vervolgingsgesag geskryf om Molefe te vervolg.

“Indien hulle in gebreke bly om dit te doen, sal Solidariteit adv. Gerrie Nel van AfriForum se private vervolgingseenheid inspan om belastingplunderaars soos Molefe aan die pen te laat ry.”

Molefe se problematiese termyn by Eskom is onder meer in adv. Thuli Madonsela, vorige openbare beskermer, se staatskapingsverslag en by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping bespreek. Hy het in November 2017 bedank, maar het later aangevoer hy het eintlik vroeg afgetree, wat hom geregtig sou maak op ’n enorme pensioenfondsbetaling van R30 miljoen.

Meer oor:  Solidariteit  |  Eskom  |  Brian Molefe  |  Staatsondernemings  |  Staatskaping  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.