Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Brian Molefe se eie woorde is ’n klug’
Die skaduwee van Brian Molefe hang nou weer oor Eskom. Foto: Felix Dlangamandla

’n Gebrek aan respek word opsetlik jeens die burgers van Suid-Afrika getoon deur die heraanstelling van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom.

Jabu Mabuza, voorsitter van Business Leadership South Africa (BLSA), sê in ’n sterk bewoorde verklaring dié stap wys dat Molefe se eie woorde ’n klug was. Dít omdat Molefe vroeër vanjaar gesê het hy bedank in die belang van die land en van korporatiewe beheer by Eskom.

“Sowel die sakesektor as die regering werk hard om beleggers en kredietgradeerders te oortuig dat ons as land goeie bestuur aanhang, veral by staatsondernemings. Dié besluit ondermyn al ons pogings,” sê Mabuza.

BLSA verwelkom die ANC se verklaring wat Molefe se heraanstelling ook veroordeel.

Volgens die sakeliggaam is daar vyf verskillende verslae wat vrae opper oor Molefe se beheer by Eskom. Dit sluit die voormalige openbare beskermer se verslag oor staatskaping in.

“Ons doen ’n beroep op die regering om sy magte as Eskom se aandeelhouer te gebruik om die besluit onmiddellik om te keer en die direksie te vervang.”

Die aankondiging dat Molefe as parlementslid bedank om weer sy vorige pos te vervul, is Vrydagoggend met skok ontvang. Molefe het volgens die staatskapingsverslag noue bande met die Gupta-familie.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) oorweeg regstappe om Molefe se heraanstelling te keer.

Die CEO Initiative – ’n groep uitvoerende hoofde wat probeer om ekonomiese uitdagings aan te pak – het ook die ANC se reaksie verwelkom.

Die organisasie sê die heraanstelling vererger die politieke en institusionele onsekerheid waarin die land reeds gedompel is.

Meer oor:  Eskom  |  Brian Molefe  |  Jabu Mabuza  |  Blsa  |  Staatsondernemings  |  Ceo Initiative
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.