Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Brics-bank sluit ooreenkoms met Eskom vir lening

’n Ooreenkoms vir ’n lening van $180 miljoen is Maandag in Kaapstad tussen Eskom en die Brics-bank op dié bank se vierde jaarlikse byeenkoms onderteken.

Eskom se Kusile-kragstasie. Foto: Elvira Wood

Die bank, wat as die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) bekend staan, is ’n multilaterale ontwikkelingsbank wat tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (die sogenaamde Brics-lande) geskep is.

Die bank se doelwit is om hulpbronne vir infrastruktuurprojekte in die Brics- en in ander opkomende en ontwikkelende lande te mobiliseer.

Die ooreenkoms is deur Xian Zhu, bedryfshoof van die NDB, en Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, onderteken.

Die finansieringsgerief, wat al ’n paar jaar gelede goedgekeur is, sal gebruik word om infrastruktuur te ontwikkel om hernubare energie aan die nasionale kragnetwerk te verbind. Dit sal ook aangewend word vir die ontwikkeling van hernubare energie.

Eskom sê in ’n verklaring danksy die lening sal 670 MW se hernubare energie aan sy kragnetwerk verbind word.

Zhu sê dit is in pas met die bank se fokus op volhoubare projekte.

Cassim sê ook dit gaan help om Suid-Afrika se kweekhuisgasvrystellings te verminder.

Die leningsooreenkoms is een van twee wat op die eerste dag van die byeenkoms gesluit is.

Die ander is ’n lening van $300 miljoen aan die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika vir projekte wat met die vermindering van kweekhuisgasse en die ontwikkeling van die energiesektor verband hou.

Die byeenkoms duur tot 2 April.

Meer oor:  Eskom  |  Lening  |  Elektrisiteitsverskaffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.