Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Coega juig oor Gwede se gasplan
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. Foto: Jabu Kumalo

Die Coega-Ontwikkelingskorporasie (COK) het die nuus verwelkom dat ’n aanleg vir die invoer van vloeibare aardgas (LNG) by Coega buite Port Elizabeth gebou gaan word.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het verlede week in sy begrotingspos-toespraak oor energie gesê Coega is ’n ideale plek vir die invoer van LNG.

Die departement van energie het al in 2008 die Coega- Spesiale Ekonomiese Sone geïdentifiseer as een van die voorkeurliggings vir ’n gas-tot-kragprojek van meer as R25 miljard.

Dr. Ayanda Vilakazi, hoof van bemarking by die COK, sê die korporasie werk al die afgelope jare om die streek gereed te kry vir gasinfrastruktuur.

Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, het in ’n verklaring gesê die Oos-Kaap sal steeds werk vir die bou van ’n nuwe olieraffinadery by Coega.

Dit kom ondanks Mantashe se opmerking in sy begrotingspos-toespraak waarin hy gesê het ’n nuwe olieraffinadery gaan by Richardsbaai gebou word, met die Saoedi-Arabiese staatsoliemaatskappy Saudi Aramco as die vennoot.

Die staatsbeheerde oliegroep PetroSA het aanvanklik groot planne gehad om ’n nuwe olieraffinadery by Coega te bou, maar besluite daaroor het vir jare gesloer namate PetroSA se geldsake begin verswak het.

Die planne vir die raffinadery was ook aanvanklik vir ’n vermoë van 400 000 vate per dag, wat later afgeskaal is tot onder 300 000.

PetroSA wou ook ’n invoer-aanleg vir LNG by Mosselbaai gebou het, maar omgewingsgroepe het ’n stokkie daarvoor gesteek.

Meer oor:  Petrosa  |  Gwede Mantashe  |  Coega  |  Gas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.