Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Cyril gaan met Eskom praat oor Zim-kragkrisis
Pres. Cyril Ramaphosa Maandag by die 12de buitengewone beraad van die Afrika-Unie in Niger. Foto: Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa gaan Zimbabwe se kragkrisis en die behoefte aan Suid-Afrikaanse krag met Eskom bespreek, maar dit bly ’n “moeilike balans”.

Ramaphosa het so gesê aan die kantlyn van die 12de buitengewone beraad van die Afrika-Unie in Niger nadat hy hier met pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe gepraat het.

Zimbabwe beleef ’n enorme kragkrisis weens onder meer ’n droogte wat sy belangrikste hidroëlektriese opwekker by die Karibadam kniehalter.

Zimbabwe se staatsbeheerde kragverskaffer, Zesa, pas dus al sedert Mei beurtkrag toe wat tot 19 uur per dag duur.

Zimbabwe het in die verlede tot 450 MW se krag uit Suid-Afrika ingevoer om sy opwekkingsvermoë aan te vul, maar weens wanbetaling lewer Eskom deesdae egter net 50 MW aan die land.

Zimbabwe het ’n tekort van 600 MW.

Zesa skuld Eskom sowat R480 miljoen, maar het ’n week gelede sowat ’n kwart van dié skuld betaal. Eskom sê danksy dié betaling is hy bereid om weer met Zimbabwe te onderhandel.

“Hulle gaan deur ’n enorme droogte en as gevolg daarvan kort hulle energie, en wil natuurlik hê Suid-Afrika moet hulle ondersteun,” het Ramaphosa in ’n TV-onderhoud met die Zimbabwiese Uitsaaikorporasie gesê.

“Pres. Mngangagwa het vir nog ondersteuning gevra, en dit is wat ons nou met Eskom sal bespreek.”

Volgens Ramaphosa is die lot van Suid-Afrika se eie beleërde nutsmaatskappy aan dié van die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap verbind.

“Namate ons deur ons eie uitdagings werk, moet ons ’n balans vind om te sien hoe ons hulle kan ondersteun terwyl ons terselfdertyd vir ons eie belange sorg.”

Zimbabwe onderhandel ook met Mosambiek vir hoër kraginvoer vanuit dié buurland. – Fin24, verwerk

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag  |  Reddingsboei  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.