Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Cyril open nog ’n eenheid van Medupi
'n Foto van Murray & Roberts van die Medupi-kragstasie waarop hy gewerk het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag nog ’n eenheid van die Medupi-kragsentrale in Limpopo amptelik vir kommersiële bedryf oopgestel.

Ramaphosa het ook herhaal dat Eskom nie geprivatiseer sal word nie.

Hy het met die opening van eenheid 2 van Medupi by Lephalale die talle vrouewerkers by die aanleg geloof en hulle bedank vir hul bydrae.

Volgens Ramaphosa sal eenheid 1 van die kragsentrale vroeg volgende jaar kommersieel in diens gestel word.

Dié eenheid is oor die afgelope maande getoets en het reeds elektrisiteit aan die nasionale kragnetwerk gelewer, maar die amptelike kommersialisering daarvan beteken dit is dan gesertifiseer om amptelik krag te lewer teen sy volle ontwerpvermoë.

Elk van die ses eenhede by Medupi kan 794 MW opwek vir ’n totale vermoë van 4 764 MW.

Die eerste eenheid by Medupi, eenheid 6, is in 2015 gekommersialiseer. Eenhede 4 en 5 is in 2017 in bedryf gestel, en eenheid 3 in Julie vanjaar.

Die kragsentrale is dus byna voltooi en nog net eenheid 1 moet amptelik in bedryf gestel word.

Meer oor:  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Kragstasies  |  Medupi  |  Kusile  |  Elektrisiteitsverskaffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.