Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
D-dag vir Molefe: Het hy Eskom terugbetaal?
Brian Molefe, vorige uitvoerende hoof van Eskom.

Het Brian Molefe toe die pensioengeld van sowat R11 miljoen terugbetaal wat die hooggeregshof hom op 17 April beveel het om aan Eskom terug te gee?

Ten tyde van publikasie het Eskom nog nie op dié vraag geantwoord nie.

Phakamani Hadebe, waarnemende uitvoerende hoof, het wel Donderdagoggend op ’n Eskom-nuuskonferensie gesê hy is nie bewus daarvan dat Molefe, voormalige uitvoerende hoof, al die R11 miljoen terugbetaal het soos ’n hof beveel het nie.

Dit kom nadat James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, in ’n verklaring gesê het Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, moet nou bevestig of Molefe die pensioengeld terugbetaal het.

Die hof het op 17 April Molefe se appèl van die hand gewys en hom beveel om sowat R11 miljoen terug te betaal wat hy reeds ontvang het van ’n totale pensioenpakket van R30 miljoen, wat einde 2016 aan hom toegestaan is.

Die hof het Molefe tien werkdae gegee om die geld terug te betaal, en dié tydperk het Donderdag verstryk.

Die kwessie spruit uit Molefe se besluit in November 2016 om by Eskom te bedank nadat sy naam verskeie kere gemeld is in die openbare beskermer se verslag oor staatskaping. Hoewel Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings, asook die vorige Eskom-direksie Molefe se bedanking aanvaar het, was daar later verwarring of hy nou bedank of vroeg afgetree het.

Molefe het daarna as ’n ANC-parlementslid gedien, voordat hy kortstondig vir ’n maand na Eskom teruggekeer het as hoof nadat Brown se departement agtergekom het Eskom gaan nie die rojale pensioenpakket van R30 miljoen kan bekostig nie.

Die vakbond Solidariteit het gedreig dat hy verdere regstappe beplan as Molefe nie die geld terugbetaal nie.

Meer oor:  Eskom  |  Brian Molefe  |  Jabu Mabuza  |  Phakamani Hadebe  |  Lynne Brown  |  Da  |  Solidariteit  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.