Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
DA oor beurtkrag: ’n Wonder dat ondernemings oorleef

Dit is ’n wonder dat enige onderneming in Suid-Afrika nog oorleef.

Eskom
Beurtkrag is vir die eerste keer sedert 15 Maart weer ingestel. Foto: Pixabay

Nie net gaan hulle gebuk onder die streng reëls weens die staat van inperking nie, maar nou loop hulle ook nog deur onder beurtkrag, sê Ghaleb Cachalia, DA-LP.

Hy het só gereageer kort nadat Eskom aangekondig het dat fase 2-beurtkrag Vrydag van 12:00 tot 22:00 ingestel gaan word en gesê die DA hou die ANC verantwoordelik vir die ekonomiese krisis waarin die land hom tans bevind.

Dit is die eerste keer sedert 15 Maart dat beurtkrag die land se ligte uitdoof.

Cachalia sê Suid-Afrikaanse ondernemings is nie meer in ’n ekonomie waar werk en ander geleenthede geskep word nie.

DA
Die DA-LP Ghaleb Cachalia Foto: Alet Pretorius

“Inteendeel, ondernemings is desperaat om te oorleef in ’n toenemend vyandige ekonomiese omgewing waar hulle werknemers uit diens moet stel.”

Cachalia sê daar moet indringend aan die plan gewerk word om Eskom in dele op te breek met die oog daarop om dit ten minste gedeeltelik te privatiseer.

Hy sê onafhanklike kragprodusente moet ook gebruik word om meer krag te verskaf.

Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing by Intellidex, het in Maart 2019 reeds gesê dat hy reken beurtkrag kos die Suid-Afrikaanse ekonomie waarskynlik R1 miljard per dag per fase wat ingestel word.

Meer oor:  Ghaleb Cachalia  |  Inperking  |  Beurtkrag  |  Da  |  Ondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.