Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dalk geen beurtkrag die langnaweek, sê Eskom

Goeie nuus wink vir die langnaweek.

Eskom het Vrydagaand aangekondig daar gaan dalk geen beurtkrag van Saterdag tot Maandag wees nie.

In ’n verklaring sê Eskom die goeie nuus kan toegeskryf word aan die afname in die vraag en opwekkingseenhede wat terugkeer na geskeduleerde tye.

“Die aanvraag na elektrisiteit sal na verwagting oor die langnaweek aansienlik verminder. Soos ons voortgaan om onbeplande onderbrekings te verminder, word beurtkrag nie van 14 tot 16 Desember verwag nie,” lui die verklaring.

Eskom sê wel verder in die verklaring weens die kwesbaarheid van die stelsel kan beurtkrag op kort kennisgewing ingestel word.

“Ons werk onverpoos en monitor die stelsel noukeurig om te verseker dat onbeplande onderbrekings onder 9 500 MW is om ons in staat te stel om die kanse op beurtkrag te verminder.”

Verbruikers word gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Eskom sal enige verandering kommunikeer.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.