Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Danksy Poetin kan jou petrol nog goedkoper word

Oliepryse het Vrydag effe herstel, maar mense met binnekennis uit die Kremlin meen Rusland sal nie sommer onder druk swig in die prysoorlog wat Saoedi-Arabië begin het ná ’n kopstampery met Rusland nie.

vladimir
Wladimir Poetin, president van Rusland, swig nie sommer onder druk nie.

Pres. Wladimir Poetin is nie iemand wat onder druk swig nie, sê die bronne. Rusland het oor die afgelope jare sy oliereserwes goed opgebou en is in ’n beter posisie om ’n prysoorlog te oorleef, sê die bronne.

Die ongekende botsing tussen die twee groot olie-uitvoerders en voormalige vennote kan oliepryse tot onder $20 per vat druk.

Rusland het nie verwag Saoedi-Arabië sou ’n prysoorlog begin toe hy twee weke gelede op die vergadering van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande geweier het om in te stem tot produksieperke nie. Maar die bronne meen die Kremlin is vol vertroue dat Rusland langer as Saoedi-Arabië kan uithou.

“Poetin is bekend daarvoor dat hy nie ingee nie,” sê Alexander Dynkin, president van die Instituut vir Wêreldekonomie en Internasionale Betrekkinge in Moskou.

“Hy het bewys hy is gereed vir taai mededinging om nasionale belange te beskerm en sy politieke beeld as sterkman te behou.”

Brent-ruolie het van meer as $50 per vat teen vroeg Maart tot so laag soos $24,52 gedaal. Maar Vrydag was Brent-ruolie se termynkontrakte op die Londense kommoditeitsbeurs 2,8% sterker op $29,29 per vat, en die termynkontrakte vir petrol en diesel was ook hoër op die New Yorkse handelsbeurs.

Danksy Poetin se hardkoppigheid kan Suid-Afrikaners dus dalk steeds uitsien na goedkoper petrol in April, met die daaglikse oorverhalingsyfers van die Sentrale Energiefonds wat steeds toeneem, berig Francois Williams.

Die gemiddelde oorverhaling sedert 28 Februarie tot op hede het Donderdag tot R1,74 per liter vir petrol gestyg – ’n hele 12c per liter meer vergeleke met die gemiddelde tot Woensdag.

Op die groothandelprys was die oorverhaling 7c per liter groter op R1,47 teenoor R1,40 die vorige dag.

Net Donderdag was die oorverhaling al op R3,36 per liter teenoor Woensdag se R3,25 – dus ’n hele 11c per liter meer. As dié oorverhaling tot 26 Maart volgehou word, is die jongste berekening dus dat petrolpryse in April met soveel soos R1,89 per liter kan daal en groothandeldiesel met R1,44. Dit met die verhoging in brandstofheffings van 25c per liter wat reeds ingereken is.

Twee dae gelede was die verwagte daling nog R1,78 vir petrol en R1,38 vir diesel.

Die effense herstel in internasionale brandstofpryse Vrydag sal egter ’n impak op die volgende paar dae se oorverhalingsyfers hê, tesame met enige groot veranderings in die rand-dollar-wisselkoers.

Meer oor:  Saoedi-Arabië  |  Rusland  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.