Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
De Ruyter: Groen finansiers kan Eskom help

Groen finansiering kan moontlik help om Eskom se skuldlas van R480 miljard te verlig, meen André de Ruyter, uitvoerende hoof van die kragverskaffer.

De Ruyter het Donderdag gepraat op ’n inligtingsessie oor die kwartaallikse stand van die kragstelsel. Benewens sy skuldlas sit Eskom met verouderde kragstasies wat lank nie in stand gehou is nie. Hy steun op beurtkrag om op instandhouding in te haal, wat hopelik teen die winter van 2021 op datum sal wees.

Oor Eskom se skuldlas het De Ruyter gesê daar word voorsien dat deur ontbondeling die grootste deel van die skuld deur die opwekkingsentiteit gedra sal word en dat die transmissie- en verspreidingsentiteite elkeen ’n kwart van die skuld sal dra.

Die besluit verg egter nog baie werk, aangesien Eskom moet verseker dat hy sy bestaande leningsooreenkomste nakom.

De Ruyter het tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie oor die moontlikheid van groen finansiering vir toekomstige kragopwekking gesê groen finansiers is bereid om Eskom se “regverdige energie-oorgang”, wat die opwekking van hernubare energie sal insluit, te ondersteun. “Die aptyt om Eskom in hierdie pogings te ondersteun, is beslis daar.”

Hy het egter opgemerk dat daar ’n onwilligheid is by groen finansiers om lenings aan ’n maatskappy met ’n hoë koolstofvoetspoor soos Eskom te gee.

“Ons is besig om ’n oplossing te ontwikkel – ons praat met ’n aantal rolspelers, wat waarskynlik gunstige finansieringsvoorwaardes, afslagfinansiering sal behels om ons te help met ons skuld- en rentelas,” het De Ruyter gesê. Die finansiering sal beskikbaar gestel word teen die vermindering van Eskom se koolstofvoetspoor, het hy verduidelik.

Eskom is tans nie in staat om ’n groot bouprojek vir hernubare krag in te stel nie, en daarom lok hy private kapitaal om hierdie beleggings te doen. “Ons moet hierdie geleentheid gebruik om ons koolstofvoetspoor te verminder om ons in staat te stel om die skuld van R480 miljard te takel.

“Ons het beloftes, geskrewe belangstelling van sommige van ons bestaande finansiers ontvang wat duidelik ’n belang by Eskom se sukses het. Hulle is bereid om aan ons gunstige finansiering te verleen gegrond op die vinnige instelling van hernubare energie.”

Ons is besig om ’n oplossing te ontwikkel – ons praat met ’n aantal rolspelers, wat waarskynlik gunstige finansieringsvoorwaardes, afslagfinansiering sal behels om ons te help met ons skuld- en rentelas.

Dit is soortgelyk aan ’n aanbeveling vir ’n gemengde finansieringsgerief deur die Eskom-volhoubaarheidstaakspan. Die taakspan is in 2018 deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel.

Eskom stel tans ’n paneel finansiële raadgewers aan om die groen finansieringstransaksie te herstruktureer; ’n ingewikkelde taak in die lig van Eskom se huidige situasie.

De Ruyter sê dat dié kundigheid nodig is omdat daar slegs enkele internasionale presedente is, wat nie noodwendig op Eskom se situasie toegepas kan word nie.

“Ons het ’n baie groot steenkoolvloot wat vir ’n lang tydperk in gebruik sal wees. Ons gaan nie binne ’n baie kort tydjie oorskakel na hernubare energie nie. Ons het ’n paar ingewikkeldhede wat gepak moet word.”

Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing by Intellidex, het opgemerk dat groen finansiering nie regtig die omvang van die skuldlas sal verminder nie, maar eerder ’n goedkoper finansiering sou wees. “Dit sal op die ou end nie die probleem oplos nie. Dit (die skuld) sal goedkoper wees, maar dit moet steeds betaal word,” het hy gesê.

De Ruyter het verduidelik dat die oorgang na hernubare energie nie net sinvol is in reaksie op klimaatsverandering nie, maar ook as ’n sakeplan omdat die koste van tegnologieë vir hernubare energie aansienlik gedaal het.

Die eerste ronde was effens moeilik, maar die tweede ronde was baie positiewer omdat die gemeenskappe die feit begin waardeer dat daar ’n toekoms sal wees nadat die kragstasie op pensioen gaan.

De Ruyter het egter opgemerk dat die oorgang regverdig moet wees. “Ons moet sorg vir die burgers wat betrokke is by die waardeketting vir steenkoolmynbou, dat hulle nie in die steek gelaat word nie.

“Ons wil kragstasies hergebruik om langtermyn-, volhoubare poste te skep vir gemeenskappe waar kragstasies en steenkoolmyne die einde van hul ontwerplewe bereik.”

Eskom het met gemeenskappe hieroor in gesprek getree.

“Die eerste ronde was effens moeilik, maar die tweede ronde was baie positiewer omdat die gemeenskappe die feit begin waardeer dat daar ’n toekoms sal wees nadat die kragstasie op pensioen gaan,” het De Ruyter gesê.

Hy het bygevoeg dat die kantoor vir regverdige energie-oorgang, wat vroeër vanjaar gestig is, uitgebreide stelselmodellering gedoen het om die vereistes van die stelsel vorentoe te verstaan.

“Ons is besig om finansiële en sakeplanne te ontwikkel om die vereiste beleggings te ondersteun. Ons is voortdurend besig met ontwikkelingsfinansieringsinstansies wat ons graag wil bystaan,” het De Ruyter gesê.

Meer oor:  André De Ruyter  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.