Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
De Ruyter: Inperking gaan nie beurtkrag laat verdwyn
André de RuyterFoto: Elvira Wood

Hoewel Eskom die tyd nou gedurende die staat van inperking gebruik om soveel as moontlik instandhoudingswerk te doen aan sy kragsentrales, gaan dit nie beteken Suid-Afrika gaan vinniger van beurtkrag ontslae raak nie.

André du Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, sê Donderdagaand in ’n onderhoud met Newzroom Afrika, dat die 18 maande tydperk waarin ’n groot kans van beurtkrag bestaan, nou verleng gaan word met hoe lank die staat van inperking ook al in plek is.

De Ruyter sê in die onderhoud dat daar wel nou so ’n drastiese afname in die vraag na elektrisiteit is dat die kragreus twee keer soveel eenhede kan afsit om instandhoudingswerk te doen. Eskom het voorheen in ’n verklaring gesê dat sedert die staat van inperking begin het, die vraag na krag met tussen 7 500 MW en 9 000 MW per dag gedaal het.

Die probleem is egter dat werkers nie kan rondreis nie en dat onderdele nie nou skielik na kragsentrales geskuif kan word nie.

Eskom gaan juis eenheid twee van die Koeberg-kragsentrale noord van Kaapstad van 3 April tot 30 April vir instandhoudingswerk afskakel.

De Ruyter sê dié eenheid, wat 900 MW krag per dag opwek, sou in elk geval afgeskakel moes word om herlaai te word. Hy sê hoewel van die werk gedoen gaan kan word, sal ander moet wag totdat die verbod op reis opgehef word.

Koeberg is destyds deur Franse kenners ontwerp wat Eskom steeds bystaan met die instandhouding en herlaai daarvan. De Ruyter sê met dié dat internasionale reis tot ’n stilstand gekom het, kan die Franse ingenieurs nie nou na Suid-Afrika reis nie. Die nodige onderdele kan ook nie hiernatoe verskeep word nie.

Hy sê hy is egter vol vertroue dat die oomblik wanneer die verbod gelig word, hulle met al hul instandhoudingsplanne, ingesluit dié vir Koeberg, kan voortgaan.

Wat die verskaffing van steenkool aan die res van Eskom se kragsentrales betref, sê De Ruyter in die onderhoud dat al die mynmaatskappye wat steenkool aan die nutsmaatskappy verskaf dit steeds doen. Hy het die maatskappye, maar ook die myners self bedank vir hul harde werk om steenkool te produseer en die land se ligte te help aanhou.

De Ruyter sê die maatskappy het verskeie gebeurlikheidsplanne in plek om die oomblik wanneer die vraag na elektrisiteit begin styg weer genoeg eenhede in bedryf te kan stel om aan die vraag te voldoen.

Meer oor:  Eskom  |  Andre De Ruyter  |  Koeberg  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.