Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Debat dringend nodig oor Eskom in nuwe parlement’

’n Dringende debat is nodig sodra die nuwe parlement beëdig is en ’n nuwe Speaker verkies is.

Natasha Mazzone, DA-LP en woordvoerder van openbare ondernemings. Foto: Melinda Stuurman

Natasha Mazzone, ’n parlementslid van die DA, het gesê sy gaan aan die nuwe speaker skryf om ’n debat “van nasionale belang’’ te versoek oor die finansiële krisis by Eskom.

Dit volg ná mediaberigte Sondag dat die kontrakteurs van die Kusile-kragstasie ’n eis vir R36 miljard aan Eskom gestuur het vir onder meer onvoorsiene uitgawes.

Lees ook: Gekrokte Kusile: Bouers eis R36 mjd.

“Daar kan nie van Suid-Afrikaanse belastingbetalers, wat reeds lamgelaat word deur die stygende koste van elektrisiteit en die stotterende ekonomie, verwag word dat miljarde rande in die swartgat wat Eskom is, gestort word nie.’’

Sy het gesê bewyse neem toe dat Eskom “terminaal agteruitgaan’’. Suid-Afrikaners word gevra om op te dok vir jare se wanbestuur by Eskom en die swak projekbestuur van sy bouprojekte. Fin24

Meer oor:  Parlement  |  Da  |  Eskom  |  Kusile  |  Natasha Mazzone  |  Debat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.