SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Energie
Debat oor hoë brandstofpryse kom
Die hoë prys van brandstof gaan in die parlement bespreek word.

Die parlement hou volgende week ’n debat oor die stygende brandstofprys en brandstofheffings, asook een oor die resessie.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het ingestem tot die versoek van die IVP om ’n debat van dringende nasionale belang oor die brandstofpryse te hou, het die party Vrydag laat weet, terwyl Mmusi Maimane, leier van die DA, Mbete se besluit verwelkom het om ook ’n spesiale debat oor die resessie toe te laat.

Dit kom te midde van die inkrimping van 0,7% in die tweede kwartaal se BBP-syfers (op ’n kwartaalgrondslag), rekordhoë brandstofpryse in Suid-Afrika en die ongekende stap van Jeff Radebe, minister van energie, vandeesweek om in te gryp deur die prysstyging vir September te temper.

Die IVP het al in Julie vir die debat gevra, maar toe het Mbete die versoek afgekeur. Die IVP het vandeesweek vir die tweede keer aan haar geskryf om die debat aan te vra en was dié keer suksesvol, sê Mkhuleko Hlengwa, IVP-woordvoerder.

Die IVP het al herhaalde kere gevra die regering moet ingryp deur alle brandstofheffings op te skort totdat die internasionale brandstofpryse stabiliseer en die ekonomie weer op koers is, sê Hlengwa.

Hy meen daar is genoeg ruimte in die begroting om alternatiewe inkomstebronne in die plek van die brandstofheffing te vind of om die heffings minstens te subsidieer.

Die brandstofheffing sal na verwagting in die lopende boekjaar sowat R77 miljard vir die staatskas inbring, oftewel meer as 5,7% van die totale belastinginkomste van R1 345 miljard.

Die debat moet nog geskeduleer word, maar Hlengwa verwag dit kan Dinsdag 11 September of Woensdag 12 September wees.

Meer oor:  Parlement  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstofheffing  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.