Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Die dag toe SuperSport moes ‘Eskom’ speel
SuperSport se twee groot vragmotors staan buite Loftus, reg vir die wedstryd tussen die Bulle en die Reds. Links is die vragmotor met die uitsaai-ateljee en regs een met vier kragopwekkers. In die middel staan ’n kleiner uitsaai-eenheid wat as rugsteuning dien.

Wat maak jy as beurtkrag ’n rugbystadion in die donker laat – rég voor ’n Superrugby-wedstryd?

En boonop wil die stadion se kragopwekkers nie werk nie?

Jy gaan klop aan die SuperSport-buite-uitsaaivragmotor se deur en vra of hulle kan help.

Dit is glo presies wat “onlangs” gebeur het, vertel die uitsaaispan wat die afgelope naweek verantwoordelik was vir die uitsending van die wedstryd tussen die Bulle en die Reds op Loftus in Pretoria.

Hulle weier egter om te sê watter wedstryd en by watter stadion dit was.

“Ons het baie goeie verhoudinge met die stadions. Onthou, ons moet saamwerk om ons produk te lewer. Ons help mekaar,” sê Thato Monale, vervaardiger by SuperSport.

Monale verduidelik wanneer SuperSport ’n buite-uitsending behartig – hetsy dit rugby, sokker, Idols of selfs die Suidoosterfees in Kaapstad is – moet hul eenhede 100% onafhanklik kan funksioneer.

Een van die twee 30 ton-vragmotors wat ’n span gewoonlik na so ’n geleentheid neem, het dan juis onder meer vier kragopwekkers in.

“Ons kan letterlik krag aan ’n straatblok voorsien as ons moet met een so ’n vragmotor,” sê Nthabiseng Serote, woordvoerder van MultiChoice.

Monale verduidelik verder dat daar nie ’n kwessie was oor of hulle die stadion sou help of nie.

“Onthou, ons saai nie net ’n plaaslike rugbywedstryd uit nie.

Ons kan nie vir hulle sê ‘jammer, daar is nie beeldmateriaal nie, want daar was beurtkrag’.
Thato Monale

“Ons het ’n kontrak met Sanzaar om beeldmateriaal te lewer wat dan na verskeie lande uitgevoer word.

“Ons kan nie vir hulle sê ‘jammer, daar is nie beeldmateriaal nie, want daar was beurtkrag’.

“Dit is ’n uitvoerproduk, ons móét dit lewer,” sê hy.

Dit help niks as die uitsaai-eenheid krag het, maar die stadion is donker en daar kan nie gespeel word nie.

Die span van SuperSport het dus nie gehuiwer om hul een kragopwekker aan die stadion beskikbaar te stel nie.

Die wedstryd kon dus gespeel en uitgesaai word sonder dat enige van die sowat 120 miljoen rugbygeesdriftiges wêreldwyd wat glo elke naweek na die wedstryde op TV kyk, die vaagste benul gehad het van die drama wat dit voorafgegaan het.

Die span van SuperSport sê dié geval was egter ’n uitsondering, en dat die stadions se kragopwekkers gewoonlik sonder enige probleme aangaan wanneer beurtkrag toeslaan.

Meer oor:  Multichoice  |  Eskom  |  Sanzaar  |  Thato Monale  |  Superruby  |  Beurtkrag  |  Supersport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.