Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dié dele kry nou ook net 2 uur lange beurtkrag

Die vier uur lange beurtkrag-marathons in dele van Johannesburg en Noordwes is iets van die verlede.

Johannesburgers sal nou nie meer vier uur of langer beurtkrag hoef te verduur nie. Foto: Reuters

In ’n verklaring Maandag sê die kragreus dat hy onderhandelinge met munisipaliteite in die geaffekteerde gebiede afgehandel het.

Talle dele van Gauteng en Noordwes het nog altyd gebuk gegaan onder aaneenlopende beurtkrag van vier uur of langer, terwyl Kapenaars en mense in die meeste ander dele van die land net twee tot twee en ’n half uur beurtkrag op ’n slag moes verduur.

“Die skuif van vier tot twee uur lange beurtkrag is daarop gemik om die onopsetlike gevolge te versag wat met die onderbrekings van kragtoevoer saamval, veral tydens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie,” sê Eskom in ’n verklaring.

Johannesburg se ontwrigtende beurtkrag van tot vier en ’n half uur lank het talle ondernemings onder groot druk geplaas weens die groot aantal werkure wat gedurende beurtkrag verlore gaan.

Eskom hoop nou dat die ontwrigting van deurlopende beurtkrag nie meer so erg sal wees nie.

Die areas wat nou net beurtkrag van twee uur lank sal ervaar, is:

In Johannesburg:

  • Cosmo City
  • Diepsloot
  • Ivory Park
  • Midrand
  • Randburg
  • Sandton
  • Soweto

In Gauteng:

  • Merafong-munisipaliteit
  • Mogale City
  • Randfontein

In die Vaaldriehoek:

  • Orange Farm
  • Sebokeng
  • Sharpeville

In Noordwes:

  • Klerksdorp
  • Mmabatho
  • Vryburg

Eskom sê verbruikers in dié gebiede moet voortaan hul kragverskaffer kontak, hetsy hul munisipaliteit of Eskom self, indien beurtkrag voortaan langer as twee uur duur.

Meer oor:  Eskom  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Beurgkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.