Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Die ligte kan dié naweek aanbly, maar...

Nee, beurtkrag is nié weens sabotasie is nie – die kragnetwerk en opwekkingseenhede word doodeenvoudig net verby hul limiete gedruk.

Die goeie nuus is wel dat die risiko vir beurtkrag nie meer so groot is soos wat Eskom aanvanklik Vrydagoggend gemeen het nie.

Dikatso Mothae, Eskom-woordvoerder, het Vrydagmiddag aan Netwerk24 gesê beurtkrag Vrydagaand is “onwaarskynlik”.

In ’n verklaring wat die nutsmaatskappy daarna uitgereik het, sê hy beurtkrag oor die naweek word ook nie tans verwag nie. Maar hy waarsku steeds die kragnetwerk is onder “ernstige druk”, met  11 500 MW se opwekkingsvermoë wat steeds onbepland nie beskikbaar is nie.

Ten spyte van sy hoopvolle vooruitsig vir die naweek, maan hy steeds dat beurtkrag op “kort kennisgewing” toegepas kan word.

Dit sal egter slegs “indien absoluut nodig” gebeur.

Bewerings van ’n politieke agenda of sabotasie wat die “eintlike rede” vir beurtkrag is, steek voortdurend kop uit.

Beurtkrag is weer eens vandeesweek ingestel in dieselfde week as pres. Cyril Ramaphosa se tweede beleggingskonferensie, nadat die ligte sowat drie weke lank aangebly het.

Wat Eskom aan toeval toeskryf, lyk vir baie ander egter verdag. Mothae sê egter dit is doodeenvoudig nie so nie.

“Ons het al keer op keer hierdie gerugte bespreek,” sê sy aan Netwerk24. “Die kragnetwerk wat ons het, is bloot onder te veel druk.”

Die kragnetwerk wat ons het, is bloot onder te veel druk.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het ook vroeër verduidelik die beperkings op Eskom se opwekkingsvermoë is so groot dat die veiligheidsmarge om ’n skielike styging in aanvraag of ’n skielike verlies aan opwekkingseenhede te hanteer, eenvoudig nie daar is nie.

Eskom se geïnstalleerde opwekkingsvermoë is sowat 46 000 MW.

Internasionale standaarde, asook Eskom se eie teiken, is om ideaal gesproke 15% van sy totale opwekkingsvermoë as reserwes beskikbaar te hê.

Volgens Oberholzer is die gemiddelde reserwevermoë van Eskom nader aan 2 000 MW – minder as ’n derde van wat eintlik nodig is.

Dit is die tekort aan opwekkingsvermoë wat daartoe lei dat die kragnetwerk deurlopend meer kwesbaar is as wat hy behoort te wees. Hierby laat dit Eskom nie toe om langtermyn-instandhouding te doen op die skaal wat nodig is nie, omdat elke opwekkingseenheid nodig is om die ligte aan te hou.

Om instandhouding op groot skaal en doeltreffend te kan doen, verg dat ’n steenkoolkragstasie se eenhede heeltemal afgeskakel word.

Sonder reserwevermoë kan eenhede net op kort termyn gediens word, het Jabu Mabuza, waarnemende hoof en voorsitter van Eskom, in Oktober gesê.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.