Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dié medisyne vir Eskom is dodelik

Die medisyne wat die regering aanhoudend vir Eskom ingee, is besig om die kragvoorsiener dood te maak, skryf die energie-adviseur Mike Rossouw.

  

k

Dit het begin as ’n ligte susmiddel vir die pyn voor Eskom se nuwe vermoë. Ek was een van die mense wat gehelp het om dit toe te dien, so niemand was bekommerd nie.

Die dodelike medisyne is Eskom se huidige prysbeleid.

Dit gaan lank vat vir Eskom om te herstel, maar hy kan herstel en dit sal ons ekonomie en werkverskaffing help, skryf Mike Rossouw.

Die prys van elektrisiteit demp ekonomiese groei, maar die regering hou aan om die dosis te verhoog deur belastingbetalers te dwing om vir Eskom reddingsboeie te gee.

Tensy die regering dít verstaan, sal hy aanhou om opehart-chirurgie te doen en die dosis van verkeerde medisyne te verhoog, met rampspoedige gevolge.

Die huidige prysbeleid beloon Eskom se onbekwaamheid en dit moedig irrasionele besluite aan.

Dit gee Eskom die reg om geld te vra om ál hul uitgawes te delg, selfs vir verliesmakende aanlegte, ondoeltreffende aankope én vir beurtkrag.

Hierdie beleid is ontwikkel en toegepas voordat Eskom begin het om nuwe opwekkingsaanlegte te bou.

Die regering en die reguleerder het in die vroeë 1990’s al besef dié beleid moet verander, maar niemand het die oortuiging of die aptyt om die veranderinge deur te voer nie.

Dit is duidelik dat die elektrisiteitsprys totaal buite beheer geraak het, en dít plaas Eskom in ’n doodspiraal.

Die grafika hierby wys dat Eskom se gemiddelde inkomste per kilowatt-uur toegeneem het van 14,98 sent per kWh in 2002 tot 90,01 sent per kWh in 2019 – ’n toename van meer as 500%.

krag

Hierdie verhogings is een van die belangrikste bydraers tot die insinking van nywerhede, mynbou en beleggings in Suid-Afrika.

Ondanks alles eis Eskom en die regering net dat verbruikers en belastingbetalers al hoe meer opdok.

Die volgende grafika toon dat die hoeveelheid elektrisiteit wat verbruik word sedert 2002 onveranderd gebly het en nou afneem weens die afname van gebruik deur nywerhede en mynbou. Dit sal só aanhou as die prysbeleid nie reggestel word nie.

k

Daar is geen aansporing vir Eskom om sy rampspoedige bouprogram vir nuwe vermoë te verbeter nie, want hulle word betaal vir ’n nuwe aanleg nog voordat hulle enige elektrisiteit gelewer het. Die huidige bouprogram is jare agter.

Huidige aanlegte lewer baie minder as die internasionale of Eskom se eie standaard. Nogtans word Eskom daarvoor betaal.

Die laaste grafiek wys dat aanlegte nou 20% van vermoë verloor weens tegniese probleme. Voorheen was dié syfer 3% en Eskom se huidige teiken is minder as 10%. Eskom sê sy finansiële probleme is die gevolg van kragtariewe wat te laag is eerder as slegte skuld, vrot kostebestuur en veral die prys van steenkool, instandhouding en salarisse.

k

Die grafika wys dat die toename in inkomste danksy tariefverhogings genoeg was om Eskom se basiese bedryfskoste te dek (en ’n wins te lewer), maar die koste van die kragvoorsiener se massiewe skuld het meegebring dat die groep nou ’n rekordverlies gely het en dat die regering moes ingryp met ’n reddingsboei.

Verander die huidige prysbeleid sodat dit Eskom beloon vir bekwame bestuur en hom straf vir vrot bestuur. Dié oplossing sal min kos en maklik wees om te implementeer. Dit gaan lank vat vir Eskom om te herstel, maar hy kan herstel en dit sal ons ekonomie en werkverskaffing help.

Ek en ander kundiges is meer as bereid om dadelik te help om die regte beleid te ontwerp en te implementeer.

  • Mike Rossouw is ’n energie-adviseur. Hy het voorheen vir Eskom gewerk en hy was die voorsitter van die Energie-intensiewe Verbruikersgroep.
Meer oor:  Eskom  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Reddingsboei  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.