Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dié WhatsApp is fopnuus, sê Eskom

Dit is alles onwaar. Dis fopnuus, is Eskom se reaksie op die jongste WhatsApp-boodskap van ’n Afrikaanssprekende man wat die ronde doen.

In die jongste boodskap, wat klink asof dit Maandagaand uitgestuur is, waarsku die man dat mense die brandstofvoorraad van hul kragopwekkers moet aanvul omdat verskeie opwekkingseenhede in ’n paar steenkoolkragstasies van Eskom afgeskakel gaan word.

Volgens ’n WhatsApp-boodskap word kontrakteurs wat instandhoudings- en ander werk vir Eskom doen, toegelaat om Eskom-persele te verlaat, maar word hulle nie toegelaat om in te kom nie.

Volgens die boodskap word kontrakteurs wat instandhoudings- en ander werk vir Eskom doen, toegelaat om Eskom-persele te verlaat, maar word hulle nie toegelaat om in te kom nie. Sekere kontrakteurs het na bewering dreigemente ontvang dat hul voertuie uitgebrand gaan word en dat hulle aangerand sal word.

Dit het volgens die man daartoe gelei dat kontrakteurs hulle aan die kragstasies onttrek het, en noodsaaklike onderdele kan dus nie afgelewer word nie.

Volgens die man is een eenheid van die Medupi-kragstasie in Limpopo reeds af, en sou twee eenhede van die Letabo-kragstasie en twee eenhede van die Kriel-kragstasie Dinsdag afgeskakel word. Omdat onderdele vir stukkende vervoerbande nie by die Matla-kragstasie afgelewer kan word nie, sal drie eenhede daar ook afgeskakel word, word in die boodskap beweer.

Dit klink soos dieselfde stem van die man wat in Desember in ’n WhatsApp-boodskap gemeen het die eintlike rede vir beurtkrag was omdat Eskom nie betaal het vir olie wat aangekoop word om swak gehalte steenkool aan die brand te kry nie. Selfs Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het vertel hy het dié boodskap op sy selfoon ontvang wat sy vrou vir hom aangestuur het. Oberholzer het dié bewerings ontken.

Eskom se woordvoerder, Dikatso Mothae, het by navraag gesê al die jongste bewerings is ook heeltemal onwaar. “Dit is fopnuus en is boodskappe wat elke dan en wan opduik.”

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Fopnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.