Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Diefstal ’n doring in die vlees vir Eskom

Die staat van inperking mag dalk baie Suid-Afrikaners in hul huise hou, maar Eskom sê dit is nié die geval wanneer dit by diewe kom nie.

Die kragreus kla Vrydag in ’n verklaring dat daar ’n beduidende toename in diefstal en vandalisme van sy infrastruktuur in veral Gauteng is. Dit selfs nou gedurende die staat van inperking wat weens die uitbreek van die Covid-19-virus afgekondig is.

Eskom sê hy het weens dié diefstal nou probleme met kragtoevoer na sommige areas.

“Die diefstal en vandalisme van die netwerk en toerusting lei nie net tot onderbrekings wat ’n ongerief vir die publiek veroorsaak nie, maar het ook ’n beduidende negatiewe uitwerking op ons bedrywighede en pogings om ’n diens aan noodsaaklike dienste en inwoners te lewer,” sê Motlhabane Ramashi, Eskom se senior bestuurder verantwoordelik vir bedrywighede en instandhouding in Gauteng, in die verklaring.

Eskom sê hy werk nou saam met die owerhede om wetsoortreders vas te vat.

Hy vra ook die publiek om Eskom by 0860 037 566 of by die misdaadlyn 0800 112 722 te skakel om enige misdaad wat sy infrastruktuur betref aan te meld.


Meer oor:  Eskom  |  Covid-19  |  Diefstal  |  Kragonderbreking  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.