Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Diesel word dalk byna R1 per liter goedkoper

’n Al hoe groter daling in brandstofpryse in Oktober wink vir Suid-Afrikaanse motoriste – mits die olieprys nie weer skerp styg nie.

’n Stewige daling in die dieselprys kom in Oktober.

Teen Dinsdag was die gemiddelde oorverhaling – dus potensiële daling, sou die prys vandag vasgestel word – 36c per liter op 95-oktaan-petrol en 88c per liter vir alle grade diesel.

Sowel die sterker rand as laer internasionale oliepryse help om die pryse af te druk.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) beskryf die rand se lopie teen die dollar die afgelope weke as “merkwaardig”. Die rand het tussen 21 Augustus en 31 Augustus met 60c tot R16,70 versterk. Dinsdag het die rand die beste vlak in vier weke, R16,44 teenoor die dollar, behaal.

Oliepryse het ook die afgelope weke gedaal. Die prys van ingevoerde brandstof het sedert 1 September met meer as 10% gedaal, volgens die AA.

Brent-ruolie, die basis van Suid-Afrikaanse petrol, het egter wel weer Dinsdag tot bo $40 per vat gestyg.

Die AA waarsku dat oliepryse gaan aanhou wipplank ry soos die wêreldwye vraag na olie en die produksie daarvan geleidelik “herbalanseer” word ná die ontwrigting wat die strengste inperkingsfases wêreldwyd meegebring het.

Dis nou herfs in die Noordelike Halfrond, wat beteken die vraag na verhittingsbrandstof gaan begin styg. Dit plaas druk op raffinaderye se vermoë, wat op sy beurt veral dieselpryse laat styg.

“Die seismiese skok wat Covid-19 aan die wêreldekonomie gelewer het, tesame met hoë voorraadvlakke, beteken dalk die styging in wintervraag na verhittingsbrandstowwe gaan nie genoeg wees om die dieselprys skerp te laat styg nie.

“’n Tydperk van verdere olieprys- en randstabiliteit kan Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers ’n broodnodige blaaskans gee.”

Sowat twee weke bly oor voordat die brandstofpryse vir Oktober vasgestel word, en die nuwe pryse sal van 7 Oktober geld. Dit is meer as betyds vir die skoolvakansie die week van 26 tot 30 Oktober.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Dieseltekort  |  Brandstof  |  Diesel  |  Slate-Heffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.