Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dis nie ons nie, sê Sasol oor enorme gaswolk

’n Wolk metaangas is in die lug oos van Johannesburg op satellietfoto’s opgespoor.

Metaan is ’n kragtige kweekhuisgas wat 84 keer meer hitte as koolstofdioksied in die atmosfeer vasvang.

Van die satellietfoto’s waarop die wolke van metaangas gesien kan word. Foto: Bloomberg

Die onderneming Kayrros SAS van Parys in Frankryk het die metaan op 10 Mei opgespoor deur satellietfoto’s van die Europese Ruimte-agentskap te ontleed.

Die metaan is teen ’n geraamde 65 ton per uur in die lug vrygestel.

Dit was die ergste vrystelling van metaan bo Afrika wat Kayrros tot dusver vanjaar in die data opgespoor het.

Die wolk is sowat 125 km oos van Johannesburg opgemerk in ’n gebied waar Sasol verskeie steenkoolmyne, chemiese en brandstofbedrywighede het.

Sasol ontken dat hy die dag enige verhoogde metaanvlakke gemeet het.

Volgens Sasol is die metaangas wat deur sy myne vrygestel word, “baie verdun en oor ’n groot gebied versprei”.

Anglo American sê dit is hoogs onwaarskynlik dat sy nabygeleë Isibonelo-myn dié hoeveelheid metaangas sal vrystel wat Kayrros meen in die lug is.

Die ontginning van steenkool stel ook metaangas vry omdat die mynmaatskappye soms die gas wat ondergronds vasgevang is, vrylaat om die gevaar van ontploffings te verminder.

As die vrystelling op 10 Mei ’n uur geduur het teen die koers wat Kayrros geskat het, sou dit dieselfde hoeveelheid hitte vasvang as sowat 260 000 motors wat 60 km/h ry, sê die Environmental Defense Fund van Suid-Afrika.

Die satellietdata toon nie hoe lank die lekkasie geduur het nie.

Volgens Sasol dui die geraamde koers op ’n konsentrasie van 3% metaan in die lug.

Die maatskappy staak sy bedrywighede wanneer enige van sy sensors ’n vlak van 1% registreer weens die gevaar van ’n ontploffing wat dit skep.

Sasol sê sy ontleders het die dag geen lesing van meer as gemiddeld 0,05% aangemeld nie.

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het nie gereageer op navrae oor die kwessie nie.

Kayrros het ook twee ander metaanwolke op 27 Mei in die omgewing opgespoor, wat teen ’n geraamde 40 ton per uur vrygestel is.

Die bevindinge is die jongste in ’n reeks soortgelyke lekkasies in lande van Kanada tot Bangladesj wat met nuwe tegnologie opgespoor is. – Bloomberg

Meer oor:  Sasol  |  Besoedeling  |  Chemikalieë  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.