Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dís wat Eskom doen om virus te bekamp

Reisbeperkings, kwarantyn en verpligte virustoetse is deel van grootskaalse ingrypings wat by Eskom aangekondig is om die verspreiding van die Covid-19-virussiekte onder sy werknemers te voorkom en dus te keer dat die kragstasies verlam word.

Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg. Foto: Getty Images

Die maatreëls sluit egter nié planne in om beurtkrag op te skort nie.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het aan Netwerk24 gesê Eskom gaan nie sy benadering tot beurtkrag wysig te midde van die epidemie nie, en het nog geen versoek gekry van die regering om dit te doen nie.

Al kan hospitale oorval word deur pasiënte soos wat die virus versprei, moet hy vir die volhoubaarheid van sy kragstasies met sy instandhoudingsprioriteite voortgaan, sê Eskom.

Beurtkrag is dus hier om te bly, maar dit sal slegs toegepas word indien nodig, sê Mantshantsha.

Meer ondersteuning aan die gesondheidsektor kan die kragreus egter nie aanbied nie.

Beskerming van werknemers

Eskom het twee dae gelede vir eers beurtkrag opgeskort, maar nou is hy besig om te probeer keer dat sy sowat 46 000 werknemers die virus opdoen, wat verdere druk op die reeds brose kragnetwerk kan plaas.

Die kragreus het aan Netwerk24 gesê dat hy behoorlik aan die spook is om te keer dat die verspreiding van die virus sy uiters belangrike bedrywighede sal vertraag of ontspoor.

  • Alle werknemers wat sedert middel-Februarie oorsee gereis het, is in kwarantyn geplaas. Hulle mag eers terugkom werk toe as hulle ná die kwarantynperiode kan bewys dat hulle negatief vir Covid-19 getoets is.
  • Die kragreus sê hy volg die departement van gesondheid se veiligheidsmaatreëls noukeurig om ontwrigting te voorkom.
  • Beperkings op alle oorsese vlugte is ingestel en slegs uiters belangrike plaaslike reise sal goedgekeur word.
  • Volgens Eskom het hy ook sy vergaderings begin beperk. Die risiko is so groot dat die nutsmaatskappy nou probeer om alle vergaderings aanlyn te doen.
  • Wanneer mense persoonlik moet vergader, word ’n afstand van een meter tussen die aanwesiges gehandhaaf.
  • In al sy fasiliteite word grootskaalse ontsmetting gedoen en selfs die biometriese toegangstelsels is vir eers afgeskakel om te keer dat werknemers almal aan dieselfde toestelle raak en sodoende die virus versprei.
  • As voorsorgmaatreël sê Mantshantsha dat alle werknemers wat nou enigsins siek word, gedwing word om tuis te bly. Eskom se hoof- mediese beampte moet dan eers toestemming gee dat werknemers wat siek was, mag terugkeer.

“Die hele Eskom is op die hoogste vlak van gereedheid,” sê Mantshantsha. “Ons neem die epidemie baie ernstig op.”

Die arbeidsintensiewe bedrywighede in Eskom se kragstasies is baie kwesbaar vir ontwrigting indien werknemers op groot skaal sou siek word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Eskom  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.