Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dís wat jy van Woensdag vir petrol, diesel opdok

Motoriste met petrolmotors kry in Februarie vir die tweede opeenvolgende maand ’n klein bietjie verligting wanneer hulle vanaf Woensdag by die vulstasie stop.

Die finale brandstofpryse is Maandagmiddag deur die departement van energie uitgereik.

  • Alle grade petrol word 13c per liter goedkoper. In Gauteng kos ’n liter petrol voortaan R16,03 en aan die kus R15,39.
  • Diesel se groothandelprys vir alle vlakke swaelinhoud word 5c per liter goedkoper. Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal in Gauteng R14,57 kos en aan die kus R14,03. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.
  • Paraffien word 4c per liter goedkoper. Dit kos voortaan R9,25 of R8,58 per liter, na gelang van waar jy woon.
  • Gas word 1c per kilogram goedkoper. Dit kos voortaan R26,03 in Gauteng en R23,78 aan die kus.

Sowel die rand as internasionale brandstofpryse het die afgelope maand bygedra tot die oorverhaling op brandstofpryse wat die daling meegebring het.

Die rand het tussen 7c en 8c per liter tot die daling bygedra.

Die verlaging word Dinsdag om middernag van krag.

Petrol kos vanaf Woensdag 'n ietwat goedkoper.
Meer oor:  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Vervoer  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.