Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Dít is wat jy in November vir brandstof gaan betaal
November bring welkome verligting vir motoriste met laer brandstofpryse wat van Woensdag geld.Foto: Pixabay

Motoriste en die breë ekonomie kry in November verligting met laer brandstofpryse, grootliks danksy ’n laer internasionale Brent-ruolieprys.

Petrolpryse daal Woensdagoggend met 13c per liter, en diesel se groothandelprys daal met tussen 14c en 16c, afhangend van die swaelinhoud.

Paraffienpryse daal met 23c per liter.

Luidens die departement van energie het die prys van Brent-ruolie van gemiddeld $62,96 per vat in September tot $59,73 per vat in Oktober gedaal.

“Oliepryse het gedaal namate kommer oor die stadiger wêreldwye ekonomiese groei tekens van versagting in die handelsoorlog tussen Amerika en China oorskadu het,” het die departement laat Maandagaand in ’n verklaring gesê.

Die rand, wat teenoor die dollar teruggesak het, het ongelukkig gekeer dat plaaslike brandstofpryse selfs nóg verder daal.

Luidens die departement het die rand in September teen gemiddeld R14,84 teenoor die dollar verhandel, maar in Oktober teen gemiddeld R14,93.

Petrol in Gauteng kos dus nou R16,08 per liter vir 95-oktaan en aan die kus betaal jy R15,44 per liter.

Die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% kos R14,68 in Gauteng en R14,14 aan die kus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.