Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Duur diesel al wat Dinsdag ligte aanhou
Ankerlig naby Atlantis, een van Eskom se dieselkragopwekkingseenhede. Foto: Eskom

Eskom se dieselkragopwekkers by Mosselbaai en Atlantis buite Kaapstad is al wat Dinsdag keer dat beurtkrag ingestel moet word.

In sy gebruiklike verklaring waarsku Eskom die vraag na elektrisiteit is hoog, en hy moet noodgedwonge sy dieselkragopwekkers inspan om daaraan te voldoen.

Vroeg Dinsdagoggend was 13 337 MW se opwekkingsvermoë verlore weens instandhouding en ander probleme.

Die kragverskaffer sê wel hy verwag bykomende eenhede sal deur die loop van die dag weer aanlyn kom wat druk op die kragnetwerk sal help verlig.

Vyf eenhede met die totale opwekkingsvermoë van 2 000 MW sal na verwagting vandag weer begin krag opwek.

“Ons doen alles denkbaar om beurtkrag te vermy, maar ons besef ook dit kan nie teen enige koste gebeur nie,” sê Eskom.

Die staatsonderneming het reeds sy jaarlikse begroting vir diesel vir sy dieselkragopwekkers ver oorskry. Dit kos hom nagenoeg R700 000 per uur in diesel om sy kragopwekkers aan die gang te hou.

Eskom spook reeds byna twee maande om die ligte aan te hou nadat Suid-Afrikaners vroeg in Desember, en weer vroeg in Januarie, vir etlike ure per dag sonder krag moes deurbring omdat Eskom nie aan die vraag vir elektrisiteit kon voldoen nie.

Beurtkrag is meer as twee weke laas ingestel, maar oudergewoonte waarsku Eskom Dinsdag dat dit kort vooraf weer ingestel kan word om te keer dat die nasionale kragnetwerk “in duie stort”.

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.