Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Duurder krag knou Goudveld nóg meer
Nywerhede in die Goudveld van die Vrystaat betaal nou aansienlik duurder vir hul krag.

Goudveldse fabrieke moet nou tot 108% meer betaal vir elektrisiteit buite spitstye, want Nersa het besluit hulle gebruik te veel krag in die nag.

Meulenaars, staalverwerkingsaanlegte, vleisverwerkers, grootmaatbakkerye en ander nywerhede in die Matjabeng-munisipaliteit het in Julie van dié kragtariefverhoging bewus geword toe hulle hul kragrekeninge gekry en dit meer as dubbel was as wat dit voorheen was.

Intussen kry die Goudveld reeds swaar weens die insinking van die mynbedryf waarop die gebied voorheen staatgemaak het, sê Schalk van der Merwe, president van die Goudveldse Sakekamer.

Die gebied is ’n belangrike bydraer tot die Vrystaatse ekonomie en strek van Kroonstad in die noorde tot Theunissen in die suide en ­Allanridge in die weste.

Die nuwe tariewe is op 1 Julie in werking gestel.

Een maatskappy se rekening het van R2,5 miljoen tot R3,5 miljoen opgeskiet.

Eers het almal gedink dit moet ’n fout wees, sê Van der Merwe, maar toe hulle ondersoek instel, kom ­hulle agter Nersa het wel die ver­hoging goedgekeur.

Die wintertariewe vir buite spitstyd het met 108% gestyg van R0,5966/kWh tot R1,24/kWh.

Nywerhede het spesiaal sedert die kragkrisis in 2008 hul bedrywighede na die nag verskuif sodat hulle nie krag gebruik wanneer daar te min krag is nie. “Eskom het hulle aangemoedig om dit te doen,” sê Van der Merwe.

Maar Nersa sê Eskom vra die munisipaliteit hoër tariewe wanneer hulle groot druk op die kragnetwerk plaas.

Hierdie “hoë verhogings” moet vir die verbruiker ’n teken wees, sê Charles Hlebela, Nersa-woordvoerder, aan Rapport. “Hierdie verbruikers is grootliks verantwoordelik vir die koste wat die munisipaliteit moet aangaan om die tariewe vir wanneer daar hoë vraag is te betaal omdat hulle aanhoudend dié vraag oorskry.”

Volgens Nersa is die korrekte prosedure gevolg om die tarief goed te keur. ’n Kennisgewing van die openbare verhoor wat jaarliks met dié proses gepaardgaan, is in koerante en in die Staatskoerant gepubliseer.

Van der Merwe sê hulle is egter nie oor die proses ingelig nie.

Hy sê hulle het begrip daarvoor dat die munisipaliteit die geld iewers moet verhaal. “Maar duisende werkgeleenthede word in gedrang gebring, wat verdere armoede en werkloosheid tot gevolg sal hê.”

Meer oor:  Eskom  |  Goudveld  |  Vrystaat  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragtariewe  |  Nersa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.