Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Duurder krag kom, of SA daarvan hou of nie’

As jy nie wil hê dat jou kragrekening die hoogte in moet skiet nie, gebruik elektrisiteit meer spaarsaam.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

Dit is André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se raad Dinsdag aan individue en maatskappye.

Hy was ’n spreker by die jaarlikse The Directors Event, wat vanjaar aanlyn aangebied is.

“Suid-Afrikaners moet verstaan dat kragtariewe aangepas móét word.

“Die argument dat goedkoop elektrisiteit die sleutel tot sukses vir maatskappye is om mededingend te wees, en dat kragtariewe om dié rede nie verhoog moet word nie, is nie geldig nie,” sê hy.

De Ruyter motiveer dit deur daarop te wys dat kragtariewe in Duitsland dubbeld dié is as wat in Suid-Afrika die geval is, dog is dié land uiters mededingend internasionaal waar dit by vervaardiging kom.

Hy sê studies wys dat Suid-Afrika een van die lande in die wêreld is wat energie die minste doeltreffend gebruik.

Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se Energie-oorgangsindeks – wat as ’n aanwyser gebruik word oor hoe doeltreffend lande energie gebruik – plaas Suid-Afrika op nommer 106 uit 115 lande.

Al lande wat laer as Suid-Afrika op dié indeks verskyn, is Zimbabwe, Mongolië, Mosambiek, Benin, Venezuela, Kameroen, Nigerië, Libanon en Haïti.

Die lande wat energie die doeltreffendste gebruik, is Swede, Noorweë, Switserland, Finland en Denemarke.

Eskom se aansoek vir hoër kragtariewe het oor die jare egter groot teenkanting gekry.

Die nutsmaatskappy is tans in ’n hofstryd gewikkel met die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), juis omdat dié nie van sy aansoeke om hoër tariewe goedgekeur het nie.

Ted Blom, ’n energiekenner wat aan ’n paneelbespreking deelgeneem het, sê dit is bog dat kragtariewe moet opgaan.

“Jy moet klippe in jou kop hê om te dink jy kan krag duurder maak. Dit is nonsens dat krag duurder moet word.

“Hy wil kostedoeltreffend wees én ’n monopolie hê,” verwys hy na Eskom.

Blom sê die voorspel is dat “iemand oor ’n koppie tee aan pres. Cyril Ramaphosa presies moet verduidelik wat die uitdagings is”.

Blom se voorstel is dat die kragnetwerk so gou as moontlik oopgemaak word om huishoudings toe te laat om krag daarop te laai.

“Almal het iewers spasie om sonpanele op te sit, laat mense toe om krag op te wek en aan Eskom te verkoop. Ons kan die kragprobleem dan binne 12 maande oplos,” meen hy.

Meer oor:  Eskom  |  Ted Blom  |  André De Ruyter  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.