Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
E-motors gaan duisende Duitsers hul werk kos

75 000: Dít is die geskatte getal poste in die gedrang in die Duitse voertuigvervaardigingsektor met die oorskakeling na elektriese motors, toon ’n studie wat Duitse vakbonde en die voertuigbedryf laat doen het.

BMW stel binnekort ’n 5-reeks-sedan bekend waarvan die battery kan herlaai sonder om naby ’n muurprop te kom.

Sowat 840 000 mense werk in dié bedryf, met 210 000 van hulle wat betrokke is by die vervaardiging van binnebrandenjins en transmissiestelsels wat veral geraak sal word, sê die Fraunhofer Instituut vir Bedryfsingenieurswese. BMW, Volkswagen, Audi en Mercedes-Benz is onder die motors wat in Duitsland vervaardig word.

Die verwagte werksverliese is gegrond daarop dat 25% van motors teen 2030 elektries sal wees, 15% hibried en 60% petrol- en dieselmodelle, sê die vakbond IG Metall.

Kenners sê dit is 30% vinniger om ’n elektriese motor te vervaardig as ’n tradisionele passasiersmotor, en net een vyfde van die arbeidsmag van ’n enjinaanleg is nodig in ’n batteryfabriek.Reuters

Meer oor:  Mercedes-Benz  |  Volkswagen  |  Bmw  |  Petrol  |  Elektriese Motors  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.