Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Een troos dié week: Nog g’n planne vir beurtkrag

Suid-Afrikaners wat by die huis sit weens die Covid-19-pandemie gaan ten minste dié week kan TV kyk en op hul rekenaars werk.

Dit is omdat Eskom Sondag in ’n verklaring sê dat hoewel die kragnetwerk onder druk is, beplan hy nie om beurtkrag in te stel nie.

Teen Sondagmiddag om 14:35 het Eskom reeds 11 689 MW se opwekkingsvermoë verloor weens kragstasies wat onbeplan breek. Daarby is nóg 5 016 MW se opwekkingsvermoë nié beskikbaar nie weens beplande instandhouding wat uitgevoer word.

Suid-Afrikaners word gevra om elektrisiteit met oorleg te gebruik.

Hy herinner ook weer dat hy enige tyd wel van plan kan verander en dan beurtkrag kan instel.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.