Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragdiefstal by dorpe vasgevat - minister
Kragverkope verteenwoordig tot soveel as 60% van munisipaliteite se inkomste, sê Mkhize.

Kragdiefstal – en mense wat onwettig geld maak uit die verkoop van gesteelde krag – moet anders aangepak word, sê Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Hy het Donderdag aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verduidelik sommige munisipaliteite is al so diep in die skuld weens kragverkope wat hulle nie kan insamel nie dat hulle nooit die skuld aan Eskom sal kan terugbetaal nie. Die skuld sal herstruktureer moet word.

Skoor het Woensdag by die toptien munisipaliteite wat sowat R10 miljard van die totale munisipale skuld van R13 miljard aan Eskom gehoor Eskom se hofsake teen wanbetalende munisipaliteite veroorsaak dat groot sakeondernemings hul kragrekeninge regstreeks by Eskom betaal, want hulle wil nie hê hul krag moet afgesny word nie.

Dit raak egter munisipaliteite negatief, want hulle is afhanklik van die wins op kragverkope wat hulle van die groot sakeondernemings inkry.

Skoor het Woensdag eers met die tien grootste munisipale skuldenaars van Eskom vergader voor sy vergadering Donderdag met die interministeriële taakspan wat oor die munisipale geldpenarie saamgestel is. Mkhize, voorsitter van die taakspan, sê teen Desember het munisipaliteite R23 miljard aan staatsentiteite geskuld, waarvan R13 miljard aan Eskom geskuld word en R7,4 miljard aan waterrade.

Kragverkope verteenwoordig tot soveel as 60% van munisipaliteite se inkomste, sê Mkhize.

Mkhize, wat nou vyf maande in sy pos is, sê hulle verstaan die kritieke uitwerking van die munisipale skuld op Eskom, want hy moet gedurig rente op sy skuld van meer as R350 miljard betaal.

Mkhize sê een van die uitdagings is die grondwetlike mandaat van wie tussen Eskom en munisipaliteite krag mag verkoop en versprei. Dit skep verwarring en onregverdige bedelings in gebiede waar munisipaliteite krag verkoop, maar Eskom stuur in dieselfde gebiede ook rekeninge uit. Op die ou end subsidieer een groep kragverbruikers in dieselfde munisipaliteit die kragverbruik van ander kragverbruikers.

Die taakspan het ’n adviespaneel aangestel oor die probleem wat oor ’n paar weke ’n verslag met aanbevelings sal lewer.

Mkhize het Eskom gevra om nie munisipaliteite se krag af te sny nie, en munisipaliteite is gevra om “asseblief te betaal wat hulle kán betaal” sodat die twee partye nader aan mekaar kan kom.

Munisipaliteite het Woensdag gekla oor onwettige kragverbindings, hoë werkloosheid wat meebring mense kan nie hul kragrekenings betaal nie, verouderende infrastruktuur, en skuldinvorderaars wat te veel geld van munisipaliteite vra. Hulle kla die polisie help hulle nie wanneer hulle kragdiefstal aanmeld nie. Dit blyk daar is gewapende mense wat onwettige kragverbindings maak wat soos bendelede optree en ’n gevaar vir munisipale werkers inhou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.