Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eloise het tot dusver nog geen impak op Eskom

Die tropiese sikloon Eloise, wat intussen tot ’n laagdrukstelsel afgegradeer is, het nog geen skade aan Eskom se infrastruktuur aangerig nie.

’n Argieffoto van die Cahora Bassa-dam in Mosambiek, waarvandan Suid-Afrika meer as 1 000 MW krag per dag moet kry. Foto: Eskom

Daar was veral vrees dat Eloise, met gepaardgaande sterk wind en erge reën, die kragmaste en -drade sou beskadig wat die nagenoeg 1 000 megawatt (MW) krag versprei wat Suid-Afrika vanaf die Cahora Bassa-hidrokragprojek in Mosambiek invoer.

Eloise het Saterdag in Mosambiek land getref met ’n windspoed van tot 160 km/h.

Weerkundiges verwag dat swaar reën, hael en sterk wind tot Dinsdag in veral Limpopo en Mpumalanga verwag kan word.

LEES OOK: ‘Ongekende reënval op pad na Limpopo’ – kenner

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, het Sondagoggend gesê geen skade is aan die kragdrade aangerig nie.

Die infrastruktuur is versterk sedert sikloon Idai Mosambiek in Maart 2019 getref het. Dié sikloon was die tweede dodelikste storm wat hierdie deel van die wêreld al beleef het en het meer as 1 300 lewens in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi geëis. Dit het ook die invoer van krag uit Mosambiek weke lank onmoontlik gemaak en het onmiddellik tot fase 4-beurtkrag gelei.

Die Polokwane-munisipaliteit het Vrydag in ’n verklaring gewaarsku dat kragtoevoer weens die wind en reën onderbreek kan word, maar Eskom het teen Sondagoggend nog geen foute aangemeld wat spesifiek met die storm verband hou nie.

Die groot vrees is dat Eskom se steenkoolvoorraad nat gaan word, iets wat al voorheen beurtkrag veroorsaak het. Eskom het Vrydag gesê hy het geriewe om tot vier dae lank droë steenkool by sy kragstasies in Mpumalanga en Limpopo te berg, maar as die reën langer voortduur, kan dit ’n probleem raak. Dinsdag kan dinge dus juis benoud begin raak as dit nog reën.

Suid-Afrika het ’n week gelede, op 18 Januarie, beurtkrag beleef, maar waarsku deurgaans dat sy netwerk onder druk is.

Meer oor:  Eskom  |  Mosambiek  |  Krag  |  Tropiese Storm Eloise  |  Elektrisiteit  |  Eloise  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.