Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eloise: Nat steenkool dalk Eskom se voorland

Die tropiese sikloon Eloise, wat intussen tot ’n laagdrukstelsel afgegradeer is, se aanhoudende reën in die noordooste van die land gaan eers Woensdag opklaar – ’n dag langer as waarvoor Eskom voorsiening kan maak.

Eloise
Die laedrukstelsel wat oorbly van sikloon Eloise. Foto: Twitter / SA Weerdiens

Met die meeste van Eskom se steenkoolkragstasies wat in Mpumalanga en Limpopo geleë is, kan die voortdurende reën moontlik tot die ontwrigting van steenkoolhantering lei.

Eskom het Maandag opnuut gewaarsku dat hy steenkool by sy kragstasies net kan droog hou in geval van hoogstens vier dae aanhoudende reën.

Teen Maandag het Eloise reeds drie opeenvolgende dae se volgehoue reën in die noordooste van die land veroorsaak.

In Limpopo word verspreide buie en donderbuie Maandag en Dinsdag verwag met ’n 60%-kans op reën.

Huise het Sondag in Thohoyandou en Malamulele oorstroom.

Tot soveel as 70 mm reën het in Vaalwater in die Waterberg-distrik in Limpopo uitgesak.

Daar is vir Maandag steeds ’n waarskuwing vir ontwrigtende reën in Mpumalanga.

Arisa Janse van Rensburg berig dat die reën eers teen Woensdag in die noordooste sal opklaar.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, wou nie bespiegel of beurtkrag wel op pad is weens die groot kans dat steenkool by baie van sy kragstasies gaan nat word nie.

Hy sê bloot Eskom sal die land in kennis stel indien die steenkool wel ná Dinsdag nat word.

In die verlede het nat steenkool regstreeks daartoe gelei dat hoë fases van beurtkrag ingestel is.

Eskom waarsku sedert Vrydag deurgaans dat daar groot druk op die kragnetwerk is.

grafka
Meer oor:  Eskom  |  Steenkool  |  Beurtkrag  |  Storm Eloise  |  Eloise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.