Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Elon Musk se sonpanele nou onder een dak
Sien jy die sonpanele? ’n Voorbeeld van hoe ’n huis sal lyk metTesla se jongste energieproduk – dakteëls wat ook sonpanele is.

Elon Musk, hoof van Tesla, het Vrydag die maatskappy se jongste energieproduk bekend gestel – dakteëls wat ook sonpanele is.

Musk het ook ’n nuwe weergawe bekend gestel van sy Powerwall, ’n battery wat sonkrag berg.

“Dit is ’n soort geïntegreerde toekoms. ’n Elektriese motor, ’n Powerwall en ’n sonkragdak,” sê Musk.

“Die belangrikste is dat dit mooi en bekostigbaar moet wees en soomloos geïntegreer wees.”

Tesla hoop om met sy sonkragteëls suksesvol te wees met sonkragtegnologie wat tot nou toe nog redelik min sukses behaal het.

Musk sê Tesla se produk lyk veel beter as enige soortgelyke produk. Die dakteëls kom in vier style en volgens Musk kan ’n mens nie sien dit is sonpanele nie; dit lyk glo soos gewone dakteëls.

Die plan is dat Panasonic die sonkragselle vervaardig en Tesla die glasteëls wat die sonkragselle gebruik.

Volgens Tesla is die getemperde glas “so taai soos staal” en het dit ’n “kwasi-oneindige leeftyd”.

Tesla het ook ’n nuwe weergawe van sy muurgemonteerde herlaaibare litiumioonbattery – die Powerwall 2 – bekend gestel. Dié battery kan elektrisiteit vanaf die kragnetwerk óf son- en windkrag berg om ’n betroubare bron van elektrisiteit te skep, selfs tydens kragonderbrekings of wanneer die wind nie waai of die son nie skyn nie.

Die nuwe Powerwall het twee keer die kapasiteit as die vorige weergawe – 14 kilowatt-uur teenoor 6,4 kilowatt-uur – en gaan ook die helfte goedkoper wees.

– Reuters, Bloomberg

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  Energie  |  Sonkrag  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.